Niks gaan ooit weg nie. Nie hierdie blog nie (oor ek dit nie oor my hart kry om hom te delete nie) en ook nie ons woorde en voetspore nie.

Al sien niemand die woorde wat ons sê nie is dit vir altyd in ons harte en geheue vasgelê. Woorde kan van die grootste onsigbare letsels veroorsaak. Letsels wat nie met salf en pleisters versorg kan word nie.

Voetspore is dieselfde. Soms, net soms, loop jy spore op plekke waar jy nie ‘n spoor agterlaat nie. Wel nie een wat jy kan sien nie maar tog sal jy ewig onthou hoe jy daar hier en oral geloop het.  Ek onthou my oorlede ma se gestappery. Hande agter haar rug sou sy in die bosse in verdwyn het terwyl sy kop onderstebo loop.  Sy sou kyk vir spore op die grond, plantjies wat skaars is. Ook klippe, goggas en sleepsels. Sy sou nooit terug kom en nie iets in haar hande hê nie.

Kom ek nou op ‘n plek in my lewe waar ek my eie woorde en spore bevraaagteken? Miskien want ek voel ek het nog te min geloop en gepraat.

Daar is mos die tekening waar die twee figure staan. Bokant die een se kop is ‘n hele borrel vol woorde. Dit dui op wat die figuur alles dink en dan sê die volgende figuur net een woord want dit wat ons dink teenoor wat ons sê is totaal verskillend.

Ek wonder telkemale waarom laat ons dit toe. Waarom neem ons deel aan die ding waar jy nooit sê wat jy dink nie. Waarom laat ons toe dat die waarheid binne ons net daar bly. Ja ek besef dit is baie meer kompleks omdat mens jou woorde moet tel en jy nie net kan sê wat jy dink nie want jy kan ook mense te nakom  – en al daardie jazz! Soms is dit ook nie ‘n groot genoeg verskoning nie want soms kon ons maar net die waarheid gepraat het.

Ek is ook skuldig daaraan. Ek broei al ‘n jaar oor iets wat iemand aan my gedoen het en in plaas van dit sê broei ek ook maar net die eier warm. So eier word oor tyd vrot.

Dit is tyd dat die spore wat ek loop ver en wyd versprei moet word. En dit is tyd dat die woorde wat ek dink omgesit moet word in skryfsels.  In Game of Thrones sê iemand tussen die bloed en modder en sneeu deur dat jy nie moet bekommer oor jou dood nie, maar eerder oor jou lewe.

Miskien is dit tyd dat ons tyd moet vat en herbesin oor wat mens uit die lewe wil kry: woorde of spore of beide? Want niks daarvan gaan ooit weg nie!

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s