Sy groen oë lyk soos die hemp wat hy aanhet. Hulle raak passievol terwyl hy my vrae antwoord en vir ‘n rukkie ruik ek saam hom die opwinding wat sy beroep mee gebring het.

Ek vra hom eerlik uit en hy antwoord my met ‘n reguit blik en sonder huiwering. Ek waardeer dit in ‘n wêreld waar daar min integriteit en eerlikheid is . Ook sy onderhoudende gesprekvoering.

“Vind jy mense dink jy is windgat? Arrogant”? Hy kyk af en na ‘n rukkie direk vir my. “Ja”.
“Oor jy nie verstaan word nie”? Hy skud sy kop in erkenning.

Ek weet waarom hy so eerlik is en nie meer doekies om draai nie. Ek sien dit in sy oë. Hy het alles gesien en beleef in sy 40 jaar.

Hy vertel oorhoofs van net meer as twee dekades se lewe in die weermag en bo in AFrika. Sy liefde vir honde het hom op die stofpad gevat waarin hy vrywillig geloop het om ander mense se lewens beter te maak. Hy het begin deur self landmyne te lig en later die projekte bestuur waar dit gedoen is. Ek hoor hoe die UN (United Nations) uit baie lande bestaan en hoe hulle oorlog geteisterde gebiede binnegaan, dikwels nog terwyl dinge onstabiel is. Hulle het  groot kontrakte aan ons land gegee omdat ons van die room van die weermag gehad het wat met plofstof kon werk. Hierdie werk het nie sonder ‘n baie hoë prys gekom nie.

Bo in Afrika is state waar daar mense woon wat nog nooit witmense gesien het nie. o.a die DRK. Daarheen is waar hy gestuur is met ‘n plan om verligting te bring. Maar eers moes hulle met beperkte kennis, geen selfone of internet planne maak om daar ‘n kamp te vestig. Toe hy uit die voertuig klim saam sy span hardloop die inheemse nuuskieriges weg van vrees. Die span probeer met hulle praat maar verduidelik gou aan hom hulle verstaan nie die mense se dialek van Frans nie. En so begin projek op projek waarby die man voor my betrokke is. Hulle lig myne en raak daarvan ontslae op ‘n verantwoordelike manier. Hulle vestig kampe en later meer permanente blyplekke en skep werk.

Ek vra hom oor uitdagings en sy antwoord is dat daar beplanning in moes gaan in elke besluit want daar is nie ‘n kafee waar jy ‘n brood kan koop nie. Daar is NIKS. Uitdagings om taal aan te leer om jou werk te kan doen waarvoor jy opgeteken het. En om gewoond te raak aan die niks en die vuil wat kniediep in die grondstrate van die dorpies lê.

Hy vertel hoeveel keer daar wapens teen sy eie kop was. Hoe jy nie meer eers bang word vir vrees nie.  Hoeveel keer hy kollegas uit moes vlieg in kiste, en die rompslomp om die lyke se papierwerk af te handel terwyl hul families hier in Sonnige sorgelose SA nie verstaan wat hy moet regkry om hul geliefdes hier te kry nie. Jy laai doodeenvoudig nie net ‘n kis met ‘n lyk in ‘n vliegtuig nie. Hy verduidelik dat daar soms net twee lykshuise is in ‘n hele staat en dat die lyke opmekaar lê en dat hy daar moet ingaan want hy moet seker maak hy stuur die regte persoon vir sy familie.

Ek hoor hoeveel keer sy verlof onderbreek is om dinge “daar” te gaan uitklaar. Ek hoor van die adrenalien waaraan hy verslaaf raak en hoe sy kadette op die grond hulself beseer as hulle kortpaaie vat tydens die uitlig van ‘n myn.

Op my stelling dat hy geliefd is onder sy spanne bevestig hy deur net te sê hy het nog met baie kontak. Eenkeer het hy ‘n hele span gehad wat net uit kriminele bestaan het. “Waarom”? “Ek kan met mense werk oor ek hulle verstaan. Ek het vir hulle ‘n werk gegee wat hulle tot hulle dood kan doen”. Sy medemenslikheid slaan sterk deur sy vertelling, al erken hy dit nie.

Is hy spyt oor iets vra ek en sy antwoord is ja. Die wete dat hy op ‘n tyd 50 engelse onderwysers uit hul stelsel gehaal het om vir hom te kom werk omdat hy nodig gehad het om verstaan te word. Hulle het nie gehuiwer om hul skoolselsel vaarwel toe te roep nie want hulle het werk gekry waar hul uiteindelik meer as ‘n paar sente verdien het. Maar hy het kinders die voorreg ontneem om ‘n ander taal aan te leer wat vir hulle die wereld kon oopsluit.

Ek pols hom oor hoe hy dan gefunksioneer het as hy terug is in die strate van SA, waar mense leef asof daar geen more is nie. Waar daar nie “opwinding” is nie en waar hy, soos die res van ons, net moet wees. Sy deurdinkte antwoord is dat die nie altyd maklik was nie want die eerste ruk is almal opgewonde en dan skop roetine weer in. Hier skyn die son helderder, geler. Die mense lag maar kla met die witbrood. Terwyl daar ‘n ander lewe is waar mense in grond lewe. Hul bene afgeskiet word en daar niemand is om hul wonde te versorg nie.

Ek vra hom of hy bang is. Hy trek sy skouers op en kyk my reguit aan met wereldwyse oë : “Nee” antwoord hy my bondig.

“Wat is die prys wat jy betaal het vir die jare se werk wat jy gedoen het” sluit ek mee af.

Hy antwoord nie in woorde nie maar ek weet wat dit is. Hy stap vandag alleen sy pad en sien sy kinders nie elke dag nie al kan hy met hulle praat wanneer hy wil. Hy bestuur ‘n suksesvolle besigheid met ‘n honderd persent want hy glo nie aan halwe werk nie. Jy kom dit ook agter aan die manier waarmee hy aandag aan jou gee. Hy glo aan alles of niks.

Hierdie man voor my het ‘n lewe geleef wat meeste van ons, ons nie kan indink nie. Hy kyk ver en wyd en sien ‘n bullshitter op kort afstand. Hy weet wat die lewe bied en wat hy kon vat maar elke dag weet hy, hy moet die beste maak,  al hunker sy hart terug na daardie lewe wat geen geld kan koop nie.

Advertisements

2 thoughts on “Om te dien op ‘n ander manier

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s