Soms het ons aksies ‘n impak op ander sonder dat ons dit besef.

Ek ken ‘n man, kom ons noem hom Pieter,  wat vier sussies aangeneem het. Nie oor hulle nie kinders kon hê nie, want hulle het reeds drie van hul eie kinders gehad. Sy vrou is ‘n kinderhuis kind en sy was baie betrokke by kinderhuis kinders se welstand. Die vier sussies het op hul pad beland en dit was nie ‘n kwessie nie.

Om al die kinders versorg te kry was egter ‘n ander storie. Omdat sommige al in die Hoërskool was en sy eie kinders in hul eie skool moes hulle soggens en smiddae na drie verskillende skole ry.

Die probleem het werklik momentum gekry toe hulle bakkie gesteel word. Pieter vertel hulle sit daardie aand en ween oor hulle bakkie. Elke lid van die groot gesin het iets in die bakkie gehad wat hulle verloor het en almal se harte was seer. Sy hart veral was vol wrewel en al het hy probeer sluk kon hy nie die wrewel sluk nie.

Hy soek toe iets vir Huisgodsdiens om te lees en elke keer val die blaaie oop by 1 Samuel waar dit sê jy moet lief wees vir jou vyand. Einde ten laaste gee hy in en lees dit vir sy gesien van 7 kinders en dan vir hom en sy vrou. Terwyl hy lees raak dit so dik in sy keel maar hy hou uit. Die kruks van die saak was dat sy gesin daardie aand vir die “skelms” bid en hy kry die beeld in sy kop dat hulle twee broers is en dat hul ma hulle alleen grootmaak. Dat die ma weet waarmee haar seuns besig is maar dat dit net sy is wat vir hulle bid. Hy sien toe hoe sy hele gesin in die gees vir die ma krag gee oor hul daardie aand saam haar vir haar seuns bid.

Die hartseer oor die bakkie het vir baie lank in sy bors vas gesteek maar hy het ook geweet hy moes die bakkie laat gaan as hy vorentoe wou beweeg.

‘n Ruk later moes Pieter weer, soos altyd, sy vriend gaan help wat berading by Baviaanspoort gevangenis doen. Hy moes net goed help aandra en sou van tyd tot tyd ‘n groepleier wees as hulle groepbesprekings gedoen het met die gevangenisse. Daardie dag het een van die sprekers nie opgedaag nie en hy word toe gevra of hy iets op die hart het wat hy met die gevangenisse wou deel.

In sy hart wou hy sy bakkie aflê en besluit toe om te praat oor vergifnis. Vir hom om by sy eie vergifnis te kom moes hy die storie deel van sy gesin, die aanneming van die kinders en hoe hulle soms oorleef om hierdie klomp kinders groot te kry. Hy moes vertel hoe baie hulle hierdie bakkie nodig het. Om af te sluit slaan hy met sy hande op die podium en roep “Who stole my bakkie?”.

Die gehoor van ongeveer 200 gevangenisse, bewaarders en sy vriend is so stil jy hoor behoorlik ‘n speld val. Sy vriend se gesig vertel van spyt oor hy vir Pieter laat praat het.. Tot Pieter begin lag. En verduidelik dat dit is waar hy moet vergewe.

Om verder momentum aan die storie te gee vertel hy ook aan die gevangenisse dat hy die beeld van die ma en die seuns gekry het. Dat hy besef dat NIEMAND in die samelewing iets met tronkvoëls te doen wil hê nie en dat dit soms net ‘n ouer is wat vir die manne in die tronke bid. Dat sy gesin begin het om vir die gevangenisse te bid vanaf daardie aand wat hulle bakkie gesteel is.

Toe Pieter daardie dag by die tronk uitloop het hy sy bakkie geskenk vir wat dit ookal nodig was.

Later het Pieter terugvoering gekry oor daardie praatjie in die tronk. Dat die gevangenisse ‘n hele gesprek daaroor gehad het. Dat hulle nooit besef het wat hul dade doen aan die mense van wie hulle steel nie.

Die uiteinde van die storie is dat Pieter al vier voertuie verniet gekry het by mense. Een hiervan ‘n kombi waarmee hy al die kinders kon aanry skool toe.

Vandag is daardie vier sussies al getroud en hy was die Pa wat elk van hulle in die kerk ingeneem het. Hulle wou niemand anders daar langs hulle gehad het nie.

Hierdie man se spirit inspireer my om rerig soms te vryval. Om te vat wat die lewe bied. sonder om heeltyd in beheer te wil wees. Ek hoop dit gee vandag ook vir jou bietjie inspirasie.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s