Vroue.

Die laaste ruk veral is ek so bewus van die rolle wat vroue in ons samelewing speel. Daarmee sê ek gladnie vroue is meer belangrik as mans nie. Ons rolle is ewe belangrik as ons ‘n balans wil handhaaf in ons samelewing. My bewuswording oor die rolle van vroue is dalk maar net oor ek self een is. Of oor ek meestal tussen vroue beweeg en ‘n empatie vir my eweknie het.

Ek gaan vir die volgende paar maande stories bymekaar maak van vroue vir vroue. Ek wil vertel wat vroue om my deurgaan. Ons almal dra ons tassies en handsakke waarin ons baie stories wegsteek omdat die wêreld net die mooi kante van ons wil sien. Omdat mense nie wil hoor as dit nie goed gaan nie. Of omdat vroue dood eenvoudig nie ander wil belas met hul ‘dinge’ nie.

Om een of ander rede is ek so bewus van die wonderlike vroue wat om my is. Dalk is ek bewus oor ek eintlik so bevoorreg is om hulle almal om my te hê of dalk het ek die vermoë om hulle te erken as sterk vroue.

Baie van hierdie vroue dink hulle het eenvoudige lewens. Wat niks buitengewoon is nie. Hulle sê dit ook. Ek stem nie saam nie. Die manier hoe hulle, hul trauma en hartseer en swaarkry met lekkerkry en lag oorwin is vir my uitsonderlik. Die meeste van hierdie wonderlike vroue dink hulle is onsigbaar. En daarom maak die impak wat hulle op hul onmiddelike omgewing en mense het nie saak nie.  Dit is gladnie waar nie.

Elk van hierdie vroue se stories slaan my asem weg. Die manier hoe hulle opstaan soggens, en die wiel van die lewe help draai met grasie, verdien ‘n medalje. Net oor hulle nie bekende name het nie of oor hul stories nie in koerante en tydskrifte kom nie beteken nie dit maak nie saak nie.

Elke vrou en elke ma met kinders maak saak. Hierdie wonderlike wesens maak ander om hul, of hul eie kinders en mans, se lewens beter deur hul onbaatsugtige liefde en geduld en verdraagsaamheid. Hierdie vroue stuur hul kinders die lewe in met ywer sodat daardie kinders weer eendag ‘n lewe kan maak. Vroue wie se name eendag gegraveer sal staan in die geheue van hul geliefdes en kinders.

Hierdie vroue se stories gaan ek vertel. In verskeie vorms artikels.

Bring jou koffie en kom ontmoet al die wonderlike vroue. Jy gaan met ander denke hier wegstap. Ek belowe.

Raquel

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s