Die lewe lei mens mos aan die hand sonder dat jy dit agterkom. Ons dink ons beplan ons lewens presies en tog wys die lewe soms vir jou dat dit nie heeltemal so waar is nie.

So was die ontmoeting tussen my en Liza.

Ek het geskubaduik en betrokke geraak by opleiding om ‘n “buddy” te wees vir gestremde of soos ons sê ”different abled” duikers. Om die opleiding te slaag word jy self blind gemaak en vasgebind om te weet hoe die lewe voel vir ‘n hemipleeg, parapleeg en kwadrupleeg. Na so naweek van opleiding en kwalifisering verander jou persepsies oor wat eintlik fout is in jou lewe. Niks nie in vergelyking met ‘n different abled persoon.

Liza se seun Gerrie sit in ‘n rolstoel na ‘n motorfietsongeluk. En hy was een van my eerste duik buddies. Ons was o.a. saam in Mozambique.

Oor tyd het ek en Liza vriendinne geword en het sy vir my haar storie vertel. Die lewe het ‘n snaakse manier om vir jou te wys dat jy iewers voorheen al ‘n konneksie gehad het met dit wat later weer ‘n rol in jou lewe gaan speel. Nadat Liza vertel wie haar broer en ouers is het ek geweet van haar broer wat oorkant van my familie in Klerksdorp gewoon het. Daar was nog op ‘n ander plek ‘n konneksie in my grootword wêreld ook op so manier dat ons geweet het dit was die voorteken vir nou waar ons paaie gelyk sou loop. Met ‘n rede natuurlik.

Liza se ouers, Robert en Jeanne Smit is in 1977 vermoor wat later ‘n politieke moord blyk te wees. Dit het Liza en haar broer se lewe onherroeplik verander.

Ek het aan Liza begin ‘karring’ om haar storie te vertel. Ek het tot iemand vir haar gesoek om dit te skryf. Liza wou nie maar het later tog toegestem dat ek dit mag skryf. Sy het al die dokumentasie, koerant berigte, fotos en memorobilia aan my gegee. Onder daardie items was ‘n baie dik dokument wat sy saamgestel het vir die Waarheids en Versoenings Kommissie sodat sy hulle kon vra om weer haar ouers se moorde te ondersoek. Ek glo eerlike waar nie hulle het dit ondersoek soos Liza en ander speurders dit ondersoek het nie. Hulle het wel beslis dat die moorde polities gemotiveerd was.

Op 12 Junie 2018 verskyn Liza se boek, “Ek is Liza”. Jacana het ons manuskrip met oop hande gegryp en ons bygestaan met elke treë vorentoe tot hier waar ons nou is. Die boek word in Engels ook uitgegee en sal oor die land heen beskikbaar wees.

Dit was ‘n voorreg om deel te kon wees as aspirant skrywer van hierdie boek. Ek het rerig die benchmark vir myself hoog gestel.

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s