Eendag , ongeveer lank gelede, het ‘n  reeds 65 jarige man vir my gesê dat ons vroue eers op 35 ons breine kry. Ek weet wat hy toe bedoel het. Dit is wanneer jy begin gemaklik raak in jou vel. Dinge minder pesoonlik vat. Meer begin speel as jy tot dan nog net die lewe oorleef of te ernstig op gevat het.

Tien jaar later en ek kan getuig dat ek dit nogal as die waarheid kan opvreet. Iewers in die laaste klompie jare het ek begin speel en lag. Meer as ooit. Ook Skubaduik, nuwe mense leer ken en ander uitdagtings begin aanpak.

My eerste boek is geskryf en sal April op die rakke wees.( Nie-Fiksie met Hoop al is die rede vir die boek nie ‘n lekker een nie. Later meer oor die lieflike vrou agter die storie en die boek. ) Dit was glo ‘n droom vertel ‘n skoolmaat my. Sy onthou ek het dit gesê. Ek is so bly dat my onderbewussyn onthou het daarvan want ek kan nie.

Die volgende uitdaging is ‘n skryfkursus wat ek baie geniet en stadig vat. Tussendeur skryf, skryf en skryf ek.

As mens nou so sit en skryf verkort al jou spiere en word jy ook al hoe bleker en bleker so ek probeer elke dag genoeg Vitamiene D inkry om gesond te bly. Ek het ook by die Gym aangesluit en nog ‘n uitdaging aanvaar. Om ‘n drie maande transformasie te ondergaan. Elke vrou in haar laat veertigs moet ‘n Gym instrukteur hê wat ook modelwerk doen. Hy leer my nie net van oefening nie maar vertel my ook vreeslike interessanthede terwyl hy my verby my eie stopteken druk. Vandag vertel hy byvoorbeeld dat daar studies gedoen is om die krag van sonlig te bewys.

‘n Monnik het elke dag vir 60 dae gevas. Hy het slegs tydens sonopkoms en sonsondergang stil gaan sit met sy gesig gelig na die son. En toegelaat dat daardie son deur sy vel opgeneem word. Tydens hierdie 60 dae is hy deurentyd gemonitor en hy was baie gesond. Perfek gesond met gebalanseerde vitamiene en minerale. In dieselfde tyd is ‘n gym junky ook gemonitor. Die ou het heeldag in die kunsmatige lug van die gym deurgebring. Ook vreeslike aanvullings gedrink. Hy was totaal ondervoed maar vol spiere.

Dit wys jou ons het balans nodig. Respek vir ons liggame, ons eie siele en balans. Sodat ons die beste besluite vir onsself kan neem. Uitdagings is een daarvan.

Voel bietjie hoe om buite jou gemaksone te wees. Wie weet dalk raak dit jou uitdaging en voor jy sien is jy gemaklik buite jou gemaksone.

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s