Hier is 2018 en ‘n hele lewe het al weer gebeur.

My ma is oorlede en dit is ‘n baie persoonlike reis want al gaan ander mense se ma’s ook dood ervaar nie een van ons dit dieselfde nie.

My kinders is klaar met skool en geleerd so ver ons kon. Een is getroud en maak my einde van hierdie jaar ‘n ouma.

My boek verskyn in April en was ‘n blessing en ‘n groot gelukskoot. Vriendskap met ‘n mooi vrou wat, toe ‘n uitsonderlike verhaal het,  noop my toe om haar verhaal op te teken. Kyk uit vir “Ek is Liza” en “I am Liza”

Ek leer nou eers om te skryf met behulp van ‘n kursus en geniet dit baie.

En Alopecia is steeds deel van my lewe en nog meer openlik omdat ek gladnie meer ‘n pruik dra nie. Ek gaan gym, doen inkopies en lewe nou ‘n lewe met ‘n kaalkop en ‘n hengse attitude. Want die lewe gebeur. En ons tyd word korter. Ek wil dit dus geniet.

Ek beplan om ‘n reeks verhale te doen oor vroue vir vroue. Ons wat ouer raak, waarmee ons onsself besig hou. Ons daaglikse bokssessies met die lewe. En hoe ons oorwin. Of nie.

sien dan weer oor die volgende koppie Koffie.

 

Advertisements

2 thoughts on “2018

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s