My selfoon ping en ek lees my vriend vra gebed vir sy skoonpa wat met fase 4 kanker in die hospitaal opgeneem is. Ek laat weet met ‘n hart dit is reg. En ek bid dit wat ek drie dae voor my ma se dood gebid het. 

Ons word groot gemaak met lewe en dood. As jy klein is hoor jy van ouma se dood of oom Koos se dood. Jy sien hoe die grootmense hul koppe buig en met eerbied praat en hoe almal huil maar jy weet nie. 

Een oggend is jy groot met jou eie lewe en dalk kinders. Jy sien hoe ouderdom jou inhaal en hoe dit spore los in jou hart want jy dink skielik aan dinge soos “wat as my ma of pa doodgaan”. My ouma het eerste gegaan in my grootmens lewe. Sy was soos ‘n ma vir my en het die laaste jaar of so eers gesê ek was haar gunsteling onder die kleinkinders. By haar het ek geliefd gevoel. ‘n Jaar voor haar dood het sy eendag vir my gesê “jy weet ek moet doodgaan nê”.  So asof sy bang was ek dink sy gaan vir ewig leef. My antwoord was “ja, ek weet ouma, en dis ok”.

 Toe sy ons roep vanuit haar hospitaal bed het ek en my man Bethlehem toe gery en haar gaan besoek. En ek het geweet…. Sy was reeds deurmekaar maar nie genoeg om my nie te herken nie. Sy wou ongeduldig weet “wanneer Jesus kom”. Ek het haar naels mooi gemaak en haar hande room gesmeer. Daardie middag toe ons ry en ek haar hand los het ek geweet dit was die laaste keer. En dit was. 

My ma se dood was onwerklik en vinnig. Drie dae na diagnose van ‘n raar aggressiewe longkanker is sy weg. Net so. Die aand wat ek die brief op haar bedkassie in die hospitaal gelees het het ek nie geslaap nie. Ek het elke woord gegoogle en het teen die oggend presies geweet wat aangaan. Ek het my pa na haar dokter gestuur daardie oggend want ek het nie geweet hoe om hom te sê nie. Ek het ook geweet ek mag nie my ma terug bid nie. Nie oor my eie selfsugtige redes nie. Ek moet haar laat gaan. Ek het gebid dat sy pyn vry moet wees en dat dit gou moet wees. 

Twee dae later het die dokter laat weet die kanker is so aggressief sy het twee weke oor. Ons het gaan groet. Haar oë het gerol oor ons hartseer maar ek het geweet sy hou nie van die spotlight nie. En sy was in die spotlight. Haar enigste woorde was dat sy dit aanvaar. Rustig. Kalm. 

Die volgende dag is sy weg.

Die grond om so bed is heilig. En onafwendbaar. En hartseer. 

En terwyl die res van die wêreld aangaan voel dit of jou lewe pause. Jy raak besig met begrafnis reëlings maar ook vasgevang in jou leed. Want almal om jou treur asof hul die enigste is. 

Ek het geleer dat verlies onverwags is al verwag jy dit. Dat almal se verlies anders lyk en ons meer begrip en respek vir mekaar moet hê in so tyd. En ek weet nou dat die lewe aangaan. Soos dood, ook onafwendbaar. En dat ons dit moet lééf. Ons kry elk ‘n beurt maar ons moenie ophou lewe terwyl ons wag nie. 

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s