Ek het  navrae gekry van nuwe vriende oor waarom ek nie hare dra nie. Ek deel graag info sodat ander kan leer. 
Ek is as survivor op 32 weke gebore. 1.25 kg geweeg. Die laagste graad van albinisme en ek het op ses maande floutes gehad. So het die dokters agtergekom daar is drukking op my Fontanel. Na klomp toetse is bepaal ek vernuwe vel binne drie dae. Dit maak dat my vel dikker en droëer is as normaal. Dokters saag behoorlik deur my. 😁 Ek was vreeslik allergies as baba en nou weer. Die voordeel is dat ek stadiger verouder sonder sakkerig vel en selluliet. Dit alles het ‘n invloed op my vel veroorsaak. 
Ek het ‘n toestand genaamd Alopecia. Verlies van hare. Daar is verskillende sub kategorieë van Alopecia. Totalis beteken jy het geen hare nie. Areata tas sekere areas aan en so word elke persoon met Alopecia verskillend gediagnoseer. Ek het Alopecia Androgenica. Dit beteken ek het female boldness.
Ek het tien jaar pruike gedra en dit was wonderlik maar dit het my lewe tog beïnvloed want ek kon nie net swem of wilde aktiwiteite aanpak nie. En al was dit mooi was ek elke aand steeds gekonfronteer met my haarverlies as ek gaan slaap. 
Vir my was dit asof ek voorgee. Ek wou nie meer nie. Ek het deur ‘n lang moeilike proses gegaan om dit te aanvaar. Ek was gespot, uitgestoot, en ‘n muurblom. Ek was geoordeel en as jong meisie van 17 vertel ek is lelik. Ek was gevra of ek “ooit ‘n boyfriend kon kry”. Dit het ‘n invloed gehad op hoe ek myself gedefinieer het

 I lived down to that hurtfull words. 
Vandag het ek my Alopecia aanvaar. Ek lewe voluit en aanvaar graag uitdagings. Ek lewe asof ek aan die voorpunt van die mode staan en versorg myself baie goed sodat ek nie siek voorkom nie. Ek is gelukkig. Ek help graag dat vroue verstaan dat almal mooi is. Net soos ons is. Dat ons perfek is. Ek verstaan waarom vroue my vra waarom ek nie pruike dra nie… Hulle kom uit ‘n wêreld van ‘n kop vol hare. ‘n ondenkbare wêreld van haarverlies. Ek het geen keuse gehad nie.. Ek moes aanvaar of vir altyd skaam en Minderwaardig voel. Ek het gekies om Alopecia te wen en te gebruik as my bate.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s